Ierland

Hierdie artikel handel oor die eiland. Vir die soewereine staat met dieselfde naam, sien Republiek Ierland. Vir die ses noordelike graafskappe wat deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk, sien Noord-Ierland. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Ierland.
Ierland
Inheemse naam: Éire / Ireland
Bynaam: Die Groen Eiland
Kaart van Ierland
Kaart van Ierland
Geografie
Ligging Noord- of Wes-Europa
Koördinate 53°20′N 08°00′W / 53.333°N 8.000°W / 53.333; -8.000Koördinate: 53°20′N 08°00′W / 53.333°N 8.000°W / 53.333; -8.000
Argipel Britse Eilande

Oppervlakte 84 421 vk km
Hoogste punt Carrauntoohil 1 041 m
Administrasie
Vlag van Republiek Ierland Republiek van Ierland
Land Ierland

Hoofstad Dublin
Grootste stad Dublin (553 165)

Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Noord-Ierland
Hoofstad Belfast
Grootste stad Belfast (333 000)

Demografie
Bevolking 6 572 728

Bevolkingsgroepe Iere, Ulster-Skotte
Die wêreld se 20ste grootste eiland en die derde grootste eiland van Europa

Ierland (Iers: Éire, [ˈeːɾʲə], ; Engels: Ireland, [ˈaɪərlənd], ; Ulster-Skots: Airlann, [ˈɑːrlən]) is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande, met 'n lengte van 450 kilometer, 'n breedte van 260 kilometer en 'n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer.[1] Die eiland, wat dikwels ook die "Groen Eiland" genoem word, lê tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste.

Nasa-Satellietbeeld van Ierland
'n Keltiese kruis in Knock, Republiek Ierland
'n Eiland naby die kusdorp Doolin, graafskap Clare, teen sonop
Clew Bay in die graafskap Mayo, met Clare Island teen die gesigseinder

Die onverwagte uitkoms van Ierland se rewolusionêre periode tussen 1912 en 1925 was die vestiging van twee Ierse state op die eiland.[2] Die onafhanklike Republiek Ierland met 4,7 miljoen oorwegend Rooms-Katolieke inwoners beslaan vyf-sesdes van Ierland se oppervlak, terwyl Noord-Ierland met 'n histories merendeels Protestantse bevolking van 1,8 miljoen van Ierse, Skotse en Engelse afkoms een van die Verenigde Koninkryk se vier lande is. In Noord-Ierland is ongeveer 41,6% van die bevolking lidmate van Protestantse kerke en 40,7% Rooms-Katoliek.[3][4]

  1. (en) Royle, Stephen A. (1 Desember 2012). "Beyond the boundaries in the island of Ireland". Journal of Marine and Island Cultures: 91–98. doi:10.1016/j.imic.2012.11.005. Besoek op 6 Mei 2018.
  2. (en) History Ireland – Ireland's History Magazine: The emergence of the "Two Irelands", 1912–1925. Besoek op 27 Augustus 2017.
  3. (en) Central Statistics Office, Ireland (April 2017). "Census 2016 Summary Results – Part 1" (PDF). Dublin: Central Statistics Office, Ireland. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 6 Mei 2018.
  4. (en) Northern Ireland Statistics and Research Agency (2012). "2011 Census". Belfast: Department of Finance. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020. Besoek op 6 Mei 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search